niksseggend
soos golwe wat kom en gaan
oor rotse en sand oor ‘n maan
so is woorde en sinne wat lees
geen indruk maak op jou gees
verliefdheid bring geen geluk
aangetrokkenheid kan jou ruk
ware liefde groei met die tyd
toegeneëndheid kom in stryd
wie lees – laat hom weer lees
verby gaan – laat dit so wees
beter om blind te wees as om
te maak asof niks jou verstom
oor duine sweef my gedagtes
wyd en ver – sien die veragtes
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.