Ontdek jou passie by Ink!
‘n Webwerf om in te verdwaal, jou stories en gedigte te skryf en saam ander skrywers beter Afrikaans te leer. Aansporing en geleenthede is skraal om jouself te ontwikkel, met die nodige Kreatiewe souse kan jy ‘n wenner opdis. ‘n Voorafgestelde program word opgestel om almal uit te nooi om deel te neem aan nuwe projekte en kompetisies. Hier kry jy die hulpmiddels en ondersteuning asook ‘n verskeidenheid aanlyn-kursusse.
Iets vir almal, om advies te gee en uit te ruil. Nuwe blomme en blare steek braaf hulle koppe uit, die voëls sing sommer harder en gesels vroliker, en so groei almal tot groot bome. Dit bied ons die geleentheid om jou hart skoon te maak, of in ander woorde te” spring clean”.
Om te skrop op hierdie werf laat mens opgewonde voel, ‘n plek waar jy weer kan vry asemhaal. ‘n Plek waar jy verlore gedagtes en gevoelens kan neersit, sodat dit nie rondfladder in jou hart nie. Daardie gevoel van vervulling, van rustigheid is onvervangbaar. ‘n Afrikaanse avontuur waar jy nuwe mense ontmoet, altyd aanhou skryf en nuwe dinge ontdek. Het jy ’n behoefte aan groter doelgerigtheid en entoesiasme? Begin vandag om daarvoor te werk.
Passie is ’n baie sterk gevoel of emosie oor iets. Dit is die dryfkrag wat jou aanspoor om sukses te behaal. Jy kan passievol wees oor enigiets, van foto’s neem tot bak en brou. Gee klein treetjies tot by jou droom. Jy is vir ’n doel geskep, en jy beskik oor alles wat jy nodig het om daardie doel te bereik. Dit is hoe wonderlik ons gemaak is. Baie mense is later in hulle lewe spyt omdat hulle nie gewaag het om hulle droom te leef nie. Moenie jou gawes wegpak vir eendag of jou talente begrawe nie. Gebruik dit!
Die lewe word nie gemeet aan die aantal asemteue wat ons neem nie, maar aan die oomblikke wat ons asem wegslaan. Gee aandag aan die klein dingetjies, sien nuwe dinge, ontdek nuwe belangstellings en wag vir die grille van plesier om langs jou ruggraat af te hardloop!
‘n Handige wenk is om dalk die plasings op ‘n afsonderlike lys alfabeties te adverteer, sodat jy makliker oor ‘n spesifieke onderwerp kan gaan lees. Of dalk so af en toe ‘n verrassings geskenk vir ‘n wenner in ‘n spesifieke afdeling.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2018 projek