Jongste aktiwiteit:

My beste pêl

Vandat ek jonk was wou ek
(al is ek ‘n katmens)
so graag ‘n Labrador hê,
maar ‘n seun moes ‘n hond kry,
het my ma gesê.
Nou het ons nooit plek nie
en ‘n Labrador moet spasie hê.

Hule is die getroue, sagte,
goeie, goue honderas
(blaf ook nie te baie nie
en – soos hul naam beslis –
bewerk die grond, wel,
net terwyl hul kleuters is).

Labradors is van die slimste,
dapper diere, dis gewis,
met omgee-oë wat sien
as daar probleme is.

Noudat my jare omgly,
verlang ek meer en meer
na so ‘n metgesel:

Die hond is by my, voel my,
kan verlore goed terugkry
en met take assesteer.
‘n Lab kan my uit stormwater tel
en speel selfs terapeut.

As ek ‘n bietjie blind rondtas
gaan ‘n sagte druk my lei
en indien ek geen pad weet,
staan my gidshond teen my vas,
bly met liefde aan my sy.

© Charleine Collins 31 Desember 2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed