Liefde se uurglas
wanneer lewe se uurglas
ons tyd korreltjiesand
en wysers tik-tok ons ure aftel
wil ek ons herinneringe in ewigheid vries
soos maande verby snel
blink drome in ons oë
met die leegloop van ons jare
wil ek jou kontoere in my hart vaslê
sodat ek die horlosie kan terugdraai
na die mooi van onthou
in ‘n breukdeel van ons saamwees
koester ek elke oomblik
ek wil elke sekonde vasvang
met die ritme van ons hartklop
want vir ewig is te min
om jou lief te hê
©Jessica Venter
04/02/2019
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD