‘n Tydlose uurglas
Die uurglas van jou lewe
is soos die sout in die glas
dit loop leeg deur die jare
en niks kan dit stop nie
Saans wanneer die maan
‘n baan oor die aarde skaats
word elke sekonde net ouer
soos die dae verbygaan
In die sand se syfer
deur die uurglas se wyser
is dit moeilik om tyd te verstaan
want drome is ‘n tydlose oomblik in bestaan
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD