verlore woorde
beste Ingrid
in die jaar van my mensword
in die jaar negentienhonderd
vyf-en-sestig
is jou menswees ingekort
het jy
voor jou seerkry gestaan
jou met moed omgord
die see omhels sonder
om te dink aan al die
ongepende woorde in jou siel
– wat nog nie tot my kon spreek
my vertel van jou veraf blik –
wat (on)eerbiedig gestort
tussen baie korreltjies sand
eindelik see-in sou maal
waar niemand dit weer
uit kan haal…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.