Jongste aktiwiteit:

Vrae

Soos branders breek die vrae
oor die strande van my hart
spoel en kolk oor die fyn spoor
van jou woorde, waar hunkering
verskuilde beelde tussen spasies
lees, laat my droom en wens
om te weet wie jou
afvlerk engel kan wees.

© CJ Laing – 20/02/2019




4 Kommentare

  • Woordsmous

    Ek lees interessante beelde in die gedig...strande word geassosieer met spasies, oopte,m en bowenal, sonskyn. Dog die vrae treiter en vorm amper die idee van hartseer moontlik? Want die vrae is soos die oseaan, meedeënloos en aanhoudend, wat lyk of hy gaan wegtrek, maar net weer aanstorm en die strand onverpoos aanval. SO is die vrae vir die digter. Sy kan hulle nie beheer nie, nie keer nie, hulle kom asof vanself. Dan wonder mens of die vrae ooit beantwoord sal (kan) word? Sou 'n antwoord of antwoorde die branders kan keer? Sou daar maar net weer nog vrae op die strand breek? Waar die regte golwe spore uitwis oo die seesand, blyk dit dat hier die 'fyn spoor van jou woorde' nie weggewas word nie. Die fokus is ook nie op die woorde self nie, die vrae vertroebel dit, maar die fokus is op di spasies tussen die woorde, maw die digter lees 'tussen die lyne' omdat daar 'n hunkering na troos is, na bevestiging van haar hunkering en drome. Dan uiteindelik word die vrae tot een oorkoepelende vraag gedistilleer: Wie is jou afvlerk engel? Die gedig se toon is sagte hunkering, maar nie desperaatrheid nie, eerder verlange (en dalk hoop), maar tog 'n soort berusting en 'n spasie gee aan die ander digter om te antwoord al dan nie. DIs 'n puik stukkie werk hierdie!

  • SONNEBLOM

    Dit is 'n pragtige gedig

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed