RITME VAN MY HART
RITME VAN MY HART
In die ritme van my hart
draai ritmiese ratte van my hart
soos ‘n horlosie tik tak tik
my bene is lam geswik
in sekondes van ‘n oogwink
skitter my oë soos sterre blink
ek is verskiklik mal oor jou
my arms is reg rondom jou gevou
my innige liefde behoort aan jou
in jou verlore oë soos hemelblou
draai my werêrld net om jou
my enigste mooi vrou
© Eleen van Deventer Vorster
22/02/2019
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD