Dik sus praat
Dik Sus praat
(vir Wilma)
my vriende kom nooit kuier
want dis arm in my geweste
waar die brood altoos muf
en die stof op die ruite die son wegkeer
my beste geselskap is die fokjoupille
wat my moeë gees verlam
dan eers begin ek droom en dig
en my verhale straat-af skree
vir die bure en hulle vroeteldiere om te hoor
Neologismes : fokjoupille, vroeteldiere
© Lynne Lexow
Han Sjan sê (vir Phil du Plessis)
Deur Daniel Hugo
my vriende besoek my selde
want dit is bar op Koueberg
waar die yswater bergaf stort
en die wolke die son wegkeer
my beste geselskap is die wynkan
wat my dorstige gees verwarm
dan eers begin ek dans en sing
en my gedigte op rotse verf
vir die wind en water om te lees
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2019 projek