Jy Is Vróú
My liefde vou jou toe
net soos my vel my lyf bedek,
my liefde asem oor jou
soos die vlamme aan die fynhout lek
My liefde is ‘n koue vuur
wat jou verlig maar nie verteer
My liefde is ‘n warm jas
wat jou beskerm teen die seer
My liefde is ‘n bloedrooi roos
wat in die lente blom
en gulsig van jou sonlig drink
diep uit jou hart se liefdeskom
My liefde is ‘n pantsermuur
wat jou vir altyd veilig hou,
my liefde troetel en bederf
want jy’s volledig VRÓÚ
©Anton Bosch 15/03/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.