AS EK SKRYF
AS EK SKRYF
As ek vir jou gedigte skryf
oor emosies wat die gees aandryf
gaan koue rillings deur my lyf
my nek raak sommer styf
soos ‘n geweer wat deur jou voet skiet
net soos mense vir die wêreld lieg
moet mense dag vir dag ook bieg
dis wat hierdie harde lewe bied
in sement begrawe en vasgegiet
soos mense die sondes geniet
veroorsaak dit net groot verdriet
goed en sleg is mos als verniet
ons almal sing dieselfde lied
© Eleen van Deventer Vorster
15/03/2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.