Ek verlang…
na jou emosies in klousule,
na jou gedagtes in stanza,
na jou siel se sagte streling
in kuberruimtes oor afstand.
In veselkoorde, sateliete en seine
(soos koepels oor ons harte)
klop polsende bondels data,
gefragmenteerde kodes in pakkies,
gemeen vir ontleding, interpretering
van skrywer en leser, ontvanger en gewer,
jy en ek wat leef in afstand,
sonder skeiding in sielsverband.
Bly ek verlang na fenoom en toon
in die metafoor van jou vingerskrede
oor sleutels in frases flikkerende lig
in beeldpunt van gedeelde polychroom.
Oor afstand (in korpus) bly ek verlang.
© CJ Laing – 28/04/2019
© foto: cisomag.com
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.