Jy Vul My
(aan my geliefde kat wat in die mis verdwyn het)
Eensaam se kleed bedek wysheid se bestaan,
teen gister se onbeantwoorde vrae word gestry,
grou grys wolke van vertwyfeling kom en gaan,
Op soek na sekerheid se antwoord vul jy my.
Wanneer woede en haat my hart se siel skeur,
kom in gedagtenis beelde van jou terug na my,
jou lewenslustige wese is die een wat dit keer.
Op soek na kalmte se rustige streling vul jy my.
Jou oë is die baken wat siel se lig maak brand,
jy offer jouself as ek teen gesiglose wesens stry,
jou krag en moed is die vuur van hoop se hand.
Op soek na liefde se vredevolle waas vul jy my.
Met souterige soet trane van pyn en hartseer,
wat kom en gaan die onbekende in en verby,
waar gees se krag oorwin is waar ek verkeer.
Op soek na die weg van verlossing vul jy my.
25/08/2018 © C. du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.