vlak
in vlak sandsloot langs
sukkel skilpad sy weg op
gly hy maar vorder darem
aanhouer wen en hy weet
waarheen hy op pad is
sy slakke gang komies
maar so doel gerig soos min
sy ingeboude kompas stuur
na die suide waar daar gras is
weg van wit huise se lawaai
sy brein kleiner as ertjie pit
sy wil sterker as die van mens
moet hom nie vlak oordeel nie
hy ken sy plek in die wêreld
hy vul sy nis in die ketting
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.