mannekyn
mannekyn
vlees teenwoordig
lewende gees dwaal oor verlate plekke
pilverdoof, geesgebroke
as gesondheid ontbreek
planne van roem pooitjie
wat is bestaansreg dan?
stoflike genade uitgegiet nietemin
‘n iemand of twee wat omgee, koester
iewers ‘n hiervandaankomplek
‘n behoortplek
ondanks leemtes
deur bloed en belofte
mag nalatenskap iewers vastrapplek kry
iewers tussen die wasems ‘n tuiste vind
© Gerda-Marie van Rooyen, Mei 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.