stem van die woud
stem van die woud
hoor die stem van die woud
weer nog ‘n keer roep
kom tuis na die woud
waar w-a-r-r-e-l-w-i-n-d
gedagtes
rustig kan raak
met oorvloedig asem
en kalmte wat nooit
op sal raak
die woud wag nou
bome staan hoog
en getrou
teen die safier in die hemelse
boog van blou
ook in die grys van die donker
se grou
kom dans in die woud
sodat
die son en maan aan die
stry kan raak
oor wie
eerste vir jou ‘n
sprokie uit ‘n
skaduwee kan maak
Tia ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
sprokie uit skadu maak so mooi......