verstilde eggo
êrens tussen gister en nou
het die streel van die klankharp
se eggo verflou
die vermanings dof en stil geword
met ‘n onmag
om denke (vredevol)
in woorde uit te stort
die roep van ‘n pou
se trillings verslap
tot slegs ‘n beduidenis
van vae onthou
daar waar onreg paar
het valsheid geknal
die suiwer van môre se wil
ontbeen
(voos gestroop)
in rou geskal
en al wat oorbly
is verdorde, vergete drome
van ‘wat eens was’
wat stelselmatig fragmenteer
tot stof en as.
@Driekie Grobler
4 Kommentare
-

Kiekies
Mmmm mooi man!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek