Tussen die leë blikkies
Sonneblom wie sou dink aan my
die jare omgedop ‘n gewoelemoes
soos die skuim van ‘n brander oor
die rotse die lewe daaruit gety
die kreef ry perd op die eend se rug
Moses lê en lag oor sy whiskey glas
donkie het oor soet pattat geloop
Gawie die kabouter het in die
wit sneeu boom gerook
Jamie’s got a gun!
Jamie’s got a gun!
almal wil die sneller trek
Jamie’s got a gun!
Verbeelding gekruisig
na waar ons emosies
uit bloei oor ‘n stof straat
vol duiwelsraad
tussen die leë blikkies
sonde en skande
net ‘n bietjie liefde kort
net ‘n bietjie liefde kort
asemloos en vry
bicycle sonder ‘n slot
daar is nie ‘n reset button
vir die koel deer die kerk
hou vas aan wat jy het
en vergeet van die het nie’s
vind vrede vir jou siel
mediteer,mediteer
nog ‘n bietjie
rock n roll
vir daai opstuig afkoel…
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.