Somoya – die wilde wind
Dit is die lentebries
wat my hartsnare roer
as sy die winter sonder omweë
al vêrder en vêrder
die grasveld in-sjoe,
na ‘n koue plek vêr hiervandaan
waar miswolke droewig
om ‘n ewe mismoedige
wintermaan draal
Maar dis jý Somoya
– die wilde wind –
wat die passie in my aanroer
wanneer in voorskou
van ‘n strorm-simfonie
jy die hemel elektries
met silwer verblits
terwyl jy jou asem
die somer inblaas
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek