Jongste aktiwiteit:

rukwind

skemer op my duin
son sak vinnig weg
strepe sand waai op
more is spring gety

my duin wikkel en beef
in rukwinde uit die suide
skreeuend kom dit oor
dit ruk en pluk my rond

golwe wil agteroor val
en fyn wit sproei waai
ver oor blou landskap
tolbosse vergaar oral

meeu spartel woes rond
gaan sit maar op golwe
hul geskreeu word paniek
dan styg hul laag oor see

kormorante sit doodstil
met bekke na die wind
vaartbelyn teen rukwind
klou hul geel pote styf

op my strand lê berge
van uitgespoelde plante
veelkleurige kaleidoskoop
wat stadig uitdroog in wind

geen visbote op horison
kaai staan verlate en oop
op horison klou erts bote
aan hul massiewe ankers

brakke hardloop skeef-skeef
vir hul daaglikse oefen stap
ek kruip weg agter die rots
speel koe-wee in die wind

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak