ek is net ek
vorm jy gedagtes oor my
gedagtes in jou kop oor wie ek is
mooi indrukke mag dit wees … hulle is joune
dit te verander, is onmoontlik vir my
jy sal dit maar self moet doen
want dit is nog steeds net
indrukke oor my
niks wat jy sien
of dink
is ek
ek bly net ek
© Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.