Jongste aktiwiteit:

Mi-Amor-(brons)

Ek koop vir jou ‘n geskenkie
‘n sommer-ma-net geskenkie
toegedraai in spikkelrooi en geelpitgroen granate,
en sien die sterre blink, die sterre blink;
die winde waai kussingsag oor jou baai-

in die ná-môre sal ek jou oggend stem hoor,
tussen die sandkorrels van my gedagtes in weef
en soos ek alleen in die donkerdwaal;
jou liefde, my ligtoring-

jou gesig was vir my ‘n skattekaart
ek was maar x iewers op jou lyf
tussen die ou Piramides
agter die klipkronkelpaadjies;
sakrale oomblike opgesluit in die milieu-

daai een sandkorrel wat diep in my hart splinter
tot tienduisend eindelose stukkies …
van jou.

©Morné du Preez

Foto afgelaai van web Renior skildery




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed