vroegaand
vroeg aand het gekom
nag het gedaal
winter steel saggies
die ligdag weg van somer
skemer raak gouer weg
donker sak toe
winter maak dae
daagliks korter
naguile sweef sag uit hul neste
roep dan skor om muise
uit hul gate te jaag
sodat hul blitsvinnig kan toeslaan
op die braak oorkant my venster
kom die skril waarskuwing
hard en dringend
van die kiewiete wat daar broei
uit verligte bo-vensters
kom klanke van breekgoed
by een tafel word daar boeke gevat
met sagte dreunende stem
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.