Grendelstaat
Grendelstaat
Ten minste het wegbly nou ‘n naam –
iets buite ons beheer.
Die daaglikse dobbelspel van terloopse kontak
of my wonder en wroeg oor die geensiens in weke,
verval.
Maar steeds maak jou stilte my mal.
Hoe wens ek ons bestaan
was en word
vir jou en my
grendelvry.
©ASvdMerwe
April 2020
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.