afstandige liefde
met eerste oogopslag
was sy die een vir my
sy was mooi bruin gebrand
sy was ‘n atletiese figuurtjie
haar glimlaggie het altyd gedraal
selfs as sy so skalks omkyk na my
so het sy my lewe bykans oorheers
vir baie jare was sy net daar maar ver
na skool nie weer gesien
op ander plek gaan leer
tot eendag sien ek haar weer
sy was enorm groot en grof
van agter was sy ‘n reus
opgeblaas met steroides
geen glimlaggie meer nie
slegs ‘n grynslag daarvan
haar stem was bariton
haar treë sammajoor
wat het van haar geword
dink ek, terwyl ek skuil
agter mense weg duik
en saggies binne huil
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.