deels
as inkommer
in st helenabaai
sal ‘n deel van my
altyd terugkyk na die
berge van soutpansberg
daar waar my bakermat lê
hier by die see het ek vrede
die sagte gedruis van die see
het is reeds deel van my wese
as ek op my duin sit en luister
hoor ek soms nog ‘n bosbok
wat met sonop sy horings
teen die wit peer bome
klap en dan hard blaf
die geluid weerklink
oor ‘n magtige see
en trek tot ver
oor die berge
waar loeries
skrik en
koer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.