Eindeloos (Silwer)
Eindeloos
op dié dag vroeg in September
het ‘n berg jou siel kom haal
jou lyf opgelaai op rotse
en deur Ou Kaapse weg getiekiedraai
totdat jy dronk was van verligting
van jou pyn
jou koebaai het kamers vol gehuil
maar die kranse het jou
dankbaar ingeneem;
hier neffens jou vleuel-digklavier
op die hoogte van ‘n arend
het ‘n nuwe helder lig
weer wit geskyn
so is jy nou
slapend in jou swygingsuur
(omhul in hemeblou)
in sagte somer
wolkberghange
toegevou
Seirdna (A Fourie)
11.11.2020
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek