Jy
JY
Sal jy ooit weet hoe ek voel,
wanneer jou naam oor my lippe spoel.
Hoe my mond droog word,
elke keer wanneer jy my asem wegraap.
Jou vingerafdruk is in my hart,
hard en diep, gewatermerk.
Ek is bang om dit vir jou te sê,
want weet nie waar my naam op jou gedagtes lê.
Agter slot en grendel is my hart vasgepen,
hoe sal ek ooit die liefde stryd wen.
`n Traan rol oor my wang,
hoekom is ek vir liefde tog so bang?
Ek wens dat jy eendag sal hoor,
al moet iemand dit fluister in jou oor.
Ek het my hart in twee gedeel,
een helfte vir jou gelos, met my seël.
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Die konflik om liefde uit te basuin vs die onsekerheid of dit aanvaar sal word is pragtig in die gedig, dankie hou so aan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2021 – Liefdes-projek