Jongste aktiwiteit:

SINTUIGLIKE LIEFDE (Brons)

SINTUIGLIKE LIEFDE
(Brons)

gedurende my tienermeisie jeugdigheid
het ek jou beeld se hitte deur my liggaam hoor fluit
flikkerdans vonk nou giggelgeel vlam
is dit ‘n vuur binne my wat nooit ophou brand

ruik ek die geur van jou mansparfuum
of jou sweet as jy langs my lê, ons intiem
ek proe die reuk van jou diep in my mond
hipersmaaklik smag ek na meer van jou reuk

jou woorde het my fluisterend kom betoor
pragpersoonlikheid hoorbaar soos jou refleksie skyn in my oë
my knieë is lam met jou menswees gesang
jy het geword my hart se gunsteling melodie

ek hoor my gedagtes skaterlag jare later
as ek jou sien arbeid om ons drome te bewaarheid
ek proe die soetgeur van ons kindertjies klein
wat eendag warmgeliefd sal woel in ons huis

baie swaar geloopde lewensjare later
sien ek hoe smaaklik skitterskyn ons toekoms
as die liefdeslied homself kom aanbied
kom sing en dans jy geurig in tonggly oor my

©TaniaErasmus
27.02.2021




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed