Jongste aktiwiteit:

oikos

uit openbare wildernis
het my huis sy plek
gevind op ‘n duin
woorde hul
oikos
gevind
waar risiko
gulsig verslind
die algoritme
van my
siel

©Teárlach
(oikos verwys na huis of blyplek)




4 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2021 – OOP-projek

  • Tearlach

    Baie dankie Anze

  • Koos Elsum

    Die gedig raak ń snaar wat ek nie mooi verstaan. Dankie dis baie goed Kommentaar : Ek is geen kenner, geniet net die digkuns aanvaar dus die as my leer proses. Ek vind die reël “waar risiko” onverstaanbaar want tuiste & huis is mos nie risiko plekke nie? Ek het toe maar in my kop risiko met rus vervang ?

  • Tearlach

    Hallo Koos, Dankie vir jou belangstelling. My "risiko" is gemik op die hedendaagse huwelik status van jong mense en selfs die van ouer mense. Die "risiko" bly steeds daar dat ouers skei na hul kinders uit die huis gaan, dat hulle dan te min dinge het om saam te deel in hul verhouding om by mekaar te bly. Soos gewoonlik skryf ek nie net oor my eie lewe nie, maar oor die algemeen gesproke. Ek hoop jy volg my gedagtes. Vriendelike groete, Charles

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed