Jongste aktiwiteit:

willens en wetens

–
om te slaap
is mos ‘n kuur
vir alle pyn
–
my duin lê onrustig
wag op die eerste storm
wat willens en wetens kom
wat verloop en aansig
gaan versteur
–
so versteur gedrag
willens en wetens ook
torring dit gedurig daaraan
is nooit tevrede met iets
wil altyd meer hê
–
wat is slaap dan soet
selfs dit kan soms weinig
rus vir jou siel bring
lê wakker en tob
begin tweifel
–
om bewustelik te leef
so asof môre nie bestaan
wat sal wees sal mos wees
is mos willens en wetens
oorgee aan jou lot
–
©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed