die beker
in die nadraai van slaap;
die onvermoë om saam te waak
golf die inhoud van die wet se wraak
om in bloedsweetangs Sy krag op te raap
die hoogwater van Sy Vader se woede
spoel oor die vrywil van Sy menswees
geen ander weg om sonde te genees
Sy liggaam gereed vir die kruisroede
glimmend glinster glibberige inhoud
rillend en brullend en mergelend getrou
ledig Hy om my ontwil om te koop en te hou
want Hy sweet vir my behoud
die geluid van Judas se soen
laat meer as net Malgus se oor genees
want baie sou hierna dit oor en oor lees
toe stap Hy voort om die kruiswerk te doen
© Francois Meyer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.