Ontvlugting
Ontvlugting
blomvelde mildelik geklee
in helder kleur karnaval
roep my uit grys en grou
van daagliks eentonig sleur
voëls se luidkeëls roep
lok na woude diepgroen
waar loerie met koddig kuif
wegkruip speel agter blaar
kabbelende waterstroom
streel ruwe rots en klip
helder water se rus wink
kom les jou dorre dors
leeu se maanhaar welig
luiperd in kolle kostuum
olifant se grootvoet spoor
zebra in streep gewaad
soveel mooi te waardeer
oor vlaktes wyd en oop
hang in lugballon stil
salig sielerus se vreug
moeë siel word gevoed
in rooi-oranje se gloed
© Marianne Buys
19 Junie 2021 06:26
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.