Skuldige Kapitalis
handels verhoudings
bou data punte
in skitter kleure lyne
op skerms waar
oë die markte
pik
in kantore
agter toe deure
op die hoogste vloere
beloer oë
ń moontlike hoër
hoek
tandarts gekorreleerde tande
flits vinnig welvaart
versteek
krediet gewerkte ure
debiet geboude familie skud
eie hol balans
in sagte leer stoel
sit man
agter soliede silwer vensters
in duister kantoor
sonder vars
lug
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek