reën
–
die sagte druppels
trommel op ons sink dak
elke nou en dan ruk ‘n wind
met al sy geweld aan die nok
vaal skemeragtige koue
verf grys gedaantes
oor die sand duine
wit huisies dreig
om te verdwyn
in die stilte
van die
reën
–
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2021 – OOP projek