Kosbare jy
Rus in vrede vriendin….
Alta de Beer
jy was my cpf maatjie
twee weke van stilte
wat volg op ingehoue denke
my hart is so seer
vanaand die tyding gekry
dat jy nie meer met ons is
vrou van liefde
vrou so sag en soekend
jou liefde so ver en jy hier
maar altyd het jou glimlag
deurgebreek deur jou trane
dit was nie maklik vir jou
maar moed en krag was daar
Bellatjie jou katjie was jou metgesel
die alleenheid het jou soms gevang
maar ‘n telefoonoproep en ons was daar.
jou lewe was so gekompliseerd
maar ons het alles verstaan
sonder groet word jy weggeruk
tydloos ongebonde stoksiel alleen
jy en Johan nou bymekaar
die dood het ingegryp en nou
is jul vir ewig bymekaar..
@Louisa Van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.