
Ridder van die Langpad
moeg en afgemat
sit hy met sy bondeltjie op sy rug
tuur die verte in
die alleenheid is besig om hom te vang
rus hy op sy kierie
want niemand ken hierdie bielie
want met stof is sy skoene verweer
en sy baard sonder skeer
diep is sy verlange
na ‘n lekker bord kos
is dit verlore uit vergange se dae
en geldjie is daar nie meer
swaarder word die pad vorentoe
want die voete wil nie meer
verskroei is sy vel van wind en weer
maar die lewe wil hy nie verruil
kyk hy op na bo en vra
Here gee my net genade
vir vanaand net ‘n kombers
en ‘n plekkie om sy lyf neer te lê
Louisa Van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.