slang
–
“met jou voete sal jy hom vertrap
en hy sal jou in die hakskeen byt”
–
in die natuur is baie slange nie giftig
het belangrike doel in die voedsel ketting
wanneer die begrip “slang” egter figuurlik
op mense gebruik word as ‘n metafoor
word dit gewoonlik iets onheilig
onderduims en bedrieglik
pasop vir die slange
in jou leefwêreld
wat soos regte
verkleurmannetjies
jou wêreld binnedring
jou gedagtes bevuil met
valse idees en gedagtes
wat tot hul eie gewin
ten koste van jou
voordeel trek
–
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.