Jongste aktiwiteit:

Oktober 2021 – Akrostiese projek

Beste INKers

Hierdie maand gaan ons die Akrostiese kuns in ons werk ondersoek.

In Akrostiese digwerk sal die eerste letter in elke sin ‘n spesifieke woord versteek.
Dit is nie juis gebruiklik in Prosa nie maar ek gaan probeer om daardie afdelings ook bietjie interessant te maak.
U opdrag dus:

DIGTERS
1. Skryf ‘n akrostiese gedig waar die woord “Oktober” of “Oktobermaand” jou “versteekte” woord vorm.
2. Ek deel ‘n hieronder ‘n voorbeeld:
Onder die eike
Kruip woorde
Tussen blare weg –
Ons stil stories
Bedel ‘n weer-hoor;
Elk’ vokaal
Resoneer amper kaal
Metafories vaal,
Amper asof
Asemweg en lugloos
Niks meer heel en mooi
Daaruit gebaar kan word nie.
©Inkmoderator

GORREL:
Leipoldt het beweer, in een van sy gedigte dat Oktober die mooiste, mooiste maand is. Ek wil hê jy moet met hom stry in jou gorrel dat dit nie waar is nie.

ARTIKELS:
Oktobermaand word jaarliks in Duitsland gevier. Skryf ‘n goed-nagevorsde artikel oor enige jaarlikse fees wat op enige plek in die wêreld gevier word.

RUBRIEK:
Skryf ‘n rubriek oor hoe jy reeds in Oktober bewus gemaak word van dat dit amper weer Kersfees is.

VERHALE:
Skryf ‘n verhaal waarin een van jou karakters se naam “Oktober” is.

Skryf in Afrikaans; dit is die gaafste ding wat jy vandag sal doen.Gebruik die geleentheid om jou eie stempel op jou werk af te druk.

Skryf heerlik in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder
*Skryf in Afrikaans, dis ‘n goeie gewoonte.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed