Flenterwind (Goud)
die flenterwind het nes gemaak
in bloekomblou se ritselbos
soos ‘n deurskynkind sy fluit gevleg
en deur elke blaar gewaai
al was hy toe nog baie klein
kon hy reeds die takkies swaai
die flenterwind het groot geraak
in bloekomblou se ritselbos
soos ‘n weskuskind sy wrok gewys
en deur elke boom gewaai
al was hy toe nog baie jonk
kon hy reeds die toppe draai
die flenterwind het oud geword
in bloekomblou se ritselbos
soos ‘n grysklipkind sy kop gesak
en teen elke struik gewaai
al was hy toe al witbaard wys
kon hy nog ‘n tolbos draai
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek