
Moenie bekommerd word …
Moenie dink dat jy faal
as jy in die lewe verdwaal
soms is dit bestem om te gebeur
wanneer ons struikel en val in die lewe se seer…
.
Ek het ook al baie verdwaal
maar God het my elke keer weer kom haal
al voel dit of ek in die pyn verdrink
red Hy my voor ek heeltemal weg sink.
.
Ek glo ‘n mens moet soms verdwaal
val, seerkry en faal –
God wil hê ons moet uit ons foute leer
opstaan, sterker word en net weer probeer.
.
So moenie bekommerd word as jy in die lewe faal
onthou net: God sal jou elke keer uit die gat kom haal….
.
MC Marx (C)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.