oorwinning Silwer
ek dans
in die veerligte lenteblomme
teen die hange van die heuwels
sag soos die dou van gister se manna
op die growwe sand
ek sing
‘n lied van oorwinning
oor die duiwels en die drake
wat verlate op die horison
aan hul wonde sit en lek
ek triomfeer
oor gister se distels
en gister se seer
nou vergete
op die bodem van die heilige meer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2021 – OOP projek