Die nag toe ek jou minnaar was (silwer(
Vuur en vlam
soos twee motte
was ons verlam
verblind in die liefdesvlug
daar is nog geen haas aan die nag
‘n ontrafeling wat ná asem snak
en die dowwe maan
wat haar ligstrale bring
môre winde waai
die leemtes terug
wat soos lemme aan die pols
van liefde bloei
wêreld van gekwestes
sit my weer terug op my plek
hier waar ek lê
deer vuur en vlam verbrand.
©Morné du Preez
2 Kommentare
-

Seirdna
Baie goed Morne
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2022 – Liefde (OOP) projek