Klank Grens
pylstele
hang aan ses drade
biltong stukke vasgehak
met vreemde punte,
klankloos
droog in die wind
vasgevang op papier
die musiekstuk
note strak gerankskik
sit draad,
voëls op hok
sonder enige sang
sinapse spring
hamertjies kap
perde hare krap
koper lippe klap
papier notasie na klank
biltong ledemate dans
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.