huid
–
dikvellig staan die dikkop
vlerke oop gestrek in bravade
so asof hy die wêreld kan uitdaag
alles om sy eiers te beskerm
–
dom astrant staan boertjie daar
moue opgerol en kortbroek styf gespan
so asof daar niks is wat hom kan onderkry
alles om sy kinders te beskerm
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.