onbekwaam – onwillig
–
terwyl die bande brand
bedwelmde massas jil van haat
hoë rookwolke pikswart optrek
rooi vlamme alles verteer
sit een en maak skoon
sy ou hout geblokte
geweer
–
grillige hordes barbare
gil dat spoeg in alle rigtings spat
kunsmatig opgewerk in emosies
wat massa histerie bou en wek
tref klip iets teen die kop
dat die bloed so spat
hy vrek
–
buite op die rande
van die helse lawaai en roesmoes
staan hulle onbekwaam handjies gevou
lag hul in slordige blou oorpakke
lank reeds nie meer in beheer
meer logies dalk onwillig
niks beter as slakke
–
terwyl die son sak
oor nog een onbeheersde dag
sluk boer se kind sy laaste wind
van geduld onrustig in
en onderneem stil
in plegtige gebed
die Vader se wil
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.