Heilige Katedraal (Goud)
wanneer die ure uitloop en die nag haar sterre oor ons hang
in die ryptrap van ‘n winterlandskap waar heilighede katedraal
daar waar die donker breekdun word onder drome wat vlak sweef
wanneer die ure uitloop en die nag haar sterre oor ons hang
daar sal ek jou kom haal en jou kokonlyf ewig binne my laat leef
daar waar ons weikamp nog nat lê in vas bevryde ritmes geweef
wanneer die ure uitloop en die nag haar sterre oor ons hang
in die ryptrap van ‘n winterlandskap waar heilighede katedraal
© 6/2020 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek