Jongste aktiwiteit:

hoek


om die hoek is daar vrede
die invalshoek moet wees lewe
lewe in vrede met jouself

om die hoek in my lewe
laat my ore soms tuit van geraas
nie meer geraas gewoond

soos jare aanstap
kwyn die liggaam se krag
om die hoek lê derdom

om die hoek sweef
my siel in sy glorierykheid
wat van Bo af kom

naby, om die hoek
klink na oor die muur
alles is net so duur

mag, om die hoek kom
voor alles oor die muur neerval
en hoeke almal vergaan

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed