Jongste aktiwiteit:

Mei 2024 – OOP Projek

Beste INKers

Ek het onlangs ‘n heerlike aanhaling gelees, en alhoewel ek nie suksesvol was om die outeur te identifiseer nie, wil ek dit tog deel:

“Jou bestaan is soos die eerste dag van my lewe in die koudste winter.” – Onbekend

Nou dat ons so op die welkom-mat van die winter staan, hoop en vertrou ek dat die “bestaan van Afrikaans, en die voorreg om in haar klanke te skep, is soos die eerste dag van jou lewe in die koudste winter.”

Hierdie maand is voorskrifloos en so oop soos ‘n winterlandskap op die Vrystaat vlaktes.

Skryf jou hart oop; laat die ink vloei!

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Groete eers
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE ’N GEDIG IS NIE. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

 




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed