Openbaring 6 vers 6 (Goud)
Openbaring 6 vers 6
gee vir my ’n rantsoen koring
vir die penning in my hand –
drie rantsoene gars, Here
ek het suiwer wyn gepars
wanneer die laaste seël
dan deur U geopen word
en die berge om ons val
reik my hande na U Here
want my oliekan is vol
my lampie staan gereed
en in die verte hoor ek
die armageddon kreet
Amanda DM
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Junie 2024 – Die onbekende projek